Drie gesondheidswerkers wat Saterdag vroeg op pad werk toe na ’n kliniek in Khayelitsha in Kaapstad was, is gekaap en is tans erg getraumatiseerd.
Dr. Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, sê die drie werkers is in Makhaza, Khayelitsha, gekaap toe hulle in ’n Toyota Avanza, ’n staatsmotor, werk toe gery het.
Die drie mense werk by die Nolungile-kliniek in dié gebied.