Die polisie in Noordwes maan motoriste in veral die Rustenburg-omgewing om op die uitkyk te wees vir kapers ná verskeie kapingsvoorvalle die afgelope week daar en elders in die provinsie.
Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê in ’n mediaverklaring mense moet uiters versigtig wees as ander motoriste hulle wys om langs die pad stil te hou omdat dié mense moontlik kapers kan wees.
’n Man is verlede Maandag in Thlabane (naby Rustenburg) van sy blou Volkswagen Polo beroof toe hy in die straat stilgehou het om iemand op te laai.