Drie mans, van wie een ’n buitelander is, sal na verwagting Donderdag in die hof op Sasolburg verskyn nadat hulle glo ’n selfoonwinkel in ’n winkelsentrum hier beroof het.
Die mans is tussen 29 en 34 jaar oud. Hulle is Dinsdagoggend aangekeer kort nadat die selfoonwinkel in die Boulevard-winkelsentrum beroof is.
Volgens brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, het een van die aangekeerdes op die dag van die voorval omstreeks 09:15 na die winkel gegaan en voorgegee dat hy ’n selfoon wil koop.