Drie vermeende renosterstropers is Vrydag in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem.
’n Groep mans het Vrydag die park betree, waarna geweerskote later deur ’n toeris gehoor is, sê lt.kol Mamphaswa Seabi, polisiewoordvoerder.
Die inligting is aan veldwagters oorgedra en ’n helikopter is ontplooi.