’n Wit sedan waarvan die fabrikaat onbekend is, is moontlik die sleutel wat die polisie kan lei na die moordenaars van Krasimir Nikolaef Kamenof (55), sy vrou, Gergana Kamenof, hul kinderoppasser, Slawa Sergiewa, en hul motorbestuurder.
Die vier Bulgare is Donderdagoggend in die Kamenofs se huis in Evergreen-laan in Constantia, Kaapstad, deur onbekende aanvallers doodgeskiet.
Bronne het Donderdagmiddag gesê sowat 16 skote is geskiet. “Hulle het seker gemaak die mense is dood,” het een bron gesê.