Vier verdagtes wat glo betrokke was by ’n misdaadsindikaat wat vals rybewyse verkoop, is Dinsdag by verskillende rybewystoetssentrums in Noordwes in hegtenis geneem.
Tien rybewysbeamptes van Harrismith in die Vrystaat moet op 25 Mei in die plaaslike streekhof op soortgelyke aanklagte van bedrog verskyn wat verband hou met die uitreiking van rybewyse.
Vyf ander amptenare sal ook weens bedrog in die streekhof in Bethlehem verskyn. Hulle is in 2021 in hegtenis geneem.