Twee verdagtes is oor die naweek in Taung in Noordwes gearresteer nadat hulle glo ’n 40-jarige man doodgeslaan het.
Kapt. Sam Tselanyane sê die polisie is Vrydagaand na die Manthe-kliniek ontbied waar ’n groep mans met Thabiso Mothibedi (40) aangekom en versoek het dat verpleegsters moet kyk of hy nog lewe.
“Die slagoffer is glo aangerand nadat hy daarvan beskuldig is dat hy geld gesteel het. Die voorlopige ondersoek het getoon dat die oorledene by die dorpie Lenganeng was toe die verdagtes hom daar opgelaai en na Manthe vervoer het. Daar is hy met ’n ketting aan ’n kragopwekker vasgemaak en glo aangerand.”