Deel

494 mense in Tuinroete vas weens dronkbestuur, dwelms en drank

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Drank wat gekonfiskeer is. Foto: Verskaf
Drank wat gekonfiskeer is. Foto: Verskaf

Meer as 490 mense is oor ’n tydperk van vier dae in die Tuinroete in hegtenis geneem. Van hulle is 20 mense vasgetrek vir dronkbestuur, terwyl daar terselfdertyd op 329 liter drank en dwelms van derduisende rande beslag gelê is.

Die 494 inhegtenisnemings is van 19 tot 23 Januarie in dorpe van Oudtshoorn tot Stilbaai gemaak gedurende optrede om misdaad te bekamp. Onder die inhegtenisnemings is 77 weens dwelmverwante oortredings, 37 weens besit van gevaarlike wapens, 20 weens dronkbestuur, vier weens die verkoop van drank sonder ’n lisensie, 13 weens die besit van gesteelde goedere en agt vir wie lasbriewe vir inhegtenisneming uitgereik is. Die polisie het verder 276 Mandrax-tablette, 4 g Mandrax-poeier, 159 g tik, 1 g kokaïen en 329 liter alkohol gekonfiskeer.

Saterdag het die polisielede toegeslaan op ’n dwelmhuis in Steenbokstraat in Bridgton, Oudtshoorn. Dwelms ter waarde van R2 000 en R6 000 kontant is gevind. Vier mense tussen 32 en 52 is op aanklag van dwelmhandel in hegtenis geneem.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
19.66
+0.7%
Rand - Pond
24.27
-0.0%
Rand - Euro
21.10
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.81
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
1,022.46
0.0%
Palladium
1,423.51
0.0%
Goud
1,946.75
0.0%
Silwer
23.32
0.0%
Brent-ruolie
76.95
+0.9%
Top-40
71,404
+0.6%
Alle aandele
76,590
+0.5%
Hulpbronne 10
67,438
+0.5%
Industriële 25
106,353
+1.0%
Finansiële 15
14,654
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos