Vyf mans het Woensdag deur die dak van die polisiekantoor in Lichtenburg se aanhoudingselle in Noordwes ontsnap.
Die polisie het twee van die mans reeds aangekeer, maar soek nog na die ander drie, sê brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder.
“Hulle was in aanhouding weens klagte wat verband hou met die onwettige besit van ’n vuurwapen, roof, verkragting en moord,” sê Mokgwabone.