’n Boer (51) van Rawsonville is Maandagmiddag geopereer nadat drie aanvallers hom Sondagaand op sy plaas oorval en in die arm geskiet het.
Volgens die polisie is die boer omstreeks 21:20 buitentoe nadat hy geluide gehoor het.
Hy het op drie onbekende mans afgekom. Die mans het skote afgevuur en hy is gewond. Die aanvallers het weggehardloop sonder dat enigiets gebuit is.