Drie mans wat volgens inligting met die moord op die rapper Kiernan Forbes, ook bekend as AKA, en sy vriend Tabello (Tibz) Motsoane verbind word, is Sondag in Belhar op die Kaapse Vlakte “vir ondervraging” ingeneem.
Nog twee mans, wat glo ook by die moord betrek word, is elders in Belhar in hegtenis geneem deur speurders verbonde aan Durban se eenheid vir georganiseerde misdaad.