’n Bekende teen-bende-aktivis van Eldorado Park, Johannesburg, is Sondagaand vermoor in wat die polisie as ’n beplande moord beskryf.
Ayob Mungalee (60), die voormalige Gautengse hoof van die verbande People Against Gangsterism and Drugs (Pagad)-groep, het onlangs inwoners gemobiliseer om klopjagte op die B-afdeling-buurt se woonstelle uit te voer.
Inwoners wat keelvol is vir die geweld in Eldorado Park het Woensdag op die woonstelle toegeslaan. Die woonstelle is geleë in een van die armste dele van die buurt, wat berug is vir bendegeweld en ’n toevlugsoord vir dwelmsmouse geword het.