Drie weke nadat ’n bejaarde boer van Jan Kempdorp in die Noord-Kaap wreed in sy huis vermoor is, is niemand nog in hegtenis geneem nie.
Lt.kol. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die polisie se ondersoek na die moord op Ernst Human (87) duur nog voort.
Human is op 12 Februarie vermoedelik in sy bed oorrompel, deur sy huis gesleep en wreed aangerand.