Daar is steeds geen teken van die babameisie wat meer as drie weke gelede in ’n winkelkompleks in Bishop Lavis ontvoer is nie.
Kai-isha Meniers was twee maande oud toe sy op 30 April ontvoer is.
’n Vriend van Faiek (45) en Frances Meniers (41), wat saam met die egpaar in Bishop Lavis woon, het Maandag by navraag gesê daar is nog geen teken van Kai-isha nie.