’n Ondersoek na ’n slegte reuk in ’n vrouebadkamer het tot die ontdekking van ’n pasgebore baba se lyk in een van die vullisdromme gelei.
Die ontdekking is Sondag omstreeks 20:30 deur ’n werknemer van ’n kitskosrestaurant by die Cleary Park-winkelsentrum in Gqeberha gemaak.
Die babameisie, wat in ’n plastieksak in die drom aangetref is, het nog haar naelstring gehad, sê kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder.