Die polisie in Soweto ondersoek ’n saak van ontvoering nadat ’n babadogtertjie van agt dae oud Vrydag omstreeks 16:50 uit haar ma se arms gegryp is.
Die vrou het in Zola-Noord, Soweto, gestap en die baba in haar arms gedra toe ’n onbekende man en vrou haar genader het. “Die man het glo ’n vuurwapen op die vrou gerig en die baba uit haar arms gegryp,” sê Mavela Masondo, polisiewoordvoerder.
Die twee verdagtes het toe in ’n voertuig gespring en weggejaag.