’n Beloning is uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die vervolging van die rowers wat ’n man op die N4 voor sy vrou en kind doodgeskiet het.
Juandré Kidson is verlede Saterdag op die N4-hoofweg naby Brits in Noordwes doodgeskiet en sy vrou, Johanette, is in die voorval beseer.
Kidson het stilgehou toe ’n band van die gesin se motor gebars het nadat dit klippe op die pad getref het. Die rowers het glo die klippe daar gepak.