‘n Tweede verdagte is in verband met die ontvoering van ’n biokinetikus in Gqeberha in hegtenis geneem, maar daar is nog geen teken van die ontvoerde Riana Pretorius (30) self nie.
Die Valke het Vrydagoggend ook bevestig dat ’n losprys van R2 miljoen vir Pretorius versoek is, maar wou nie verder oor die omstandighede uitwei nie.
Pretorius is Donderdagoggend voor haar werksplek in Pickeringstraat, Newton Park, deur drie gewapende mans ontvoer. Hulle het haar in ’n Toyota Corolla-motor ingedwing en met haar weggery.