Die lyk van ’n boer van Koffiefontein in die Vrystaat is Dinsdagoggend met ’n skietwond op sy plaas gekry.
Andries Myburgh (32) se vuurwapen het langs hom gelê toe die polisie op hom afkom.
Lize, sy vrou, het aan die polisie gesê hy is vroeg uit om skape in die veld te soek en het nie teruggekeer nie.