’n Boer van Pella, Noord-Kaap, is glo in ’n stryery met sy vrou doodgeskiet toe ’n familielid tussenbeide getree het.
Lt.kol. Sergio Kok, polisiewoordvoerder, sê die boer en sy vrou was Saterdag omstreeks 14:00 in ’n woordewisseling betrokke.
’n Familielid het glo by die stryery ingemeng en die boer is in die bors geskiet.