Voorvalle waarin skerp voorwerpe gebruik word om motoriste van die pad af te dwing en te beroof, neem toe op snelweë in dele van Gauteng.
Llewellynn Hemmens, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir die Noord-streek, sê die skerp toename in dié voorvalle is kommerwekkend.
Hemmens sê volgens buurtwaggroepe neem dit toe in Rooihuiskraal, Centurion, en is die N4 tussen Bronkhorstspruit en Pretoria ’n gevaarsone.