Cloete Murray, ’n likwidateur van hoëprofielsake soos die Guptas en die omstrede maatskappy Bosasa, is na ’n hospitaal gehaas nadat hy geskiet is op die N1 naby Midrand, Gauteng.
Sy seun, wat ook in die motor was, is doodgeskiet.
Yusuf Abramjee, ’n teenmisdaad-aktivis, skryf in ’n twiet dit blyk of hy in die skietvoorval Saterdagmiddag geteiken is.
Geen verdere besonderhede is nog bekend nie.