Cloete Murray, likwidateur van Bosasa en Gupta-maatskappye, is in ’n kritieke toestand in ’n Johannesburgse hospitaal nadat hy Saterdagmiddag by die Engen-garage op die New Road-afrit van die N1 in Midrand geskiet is.
Thomas Murray, ’n regsadviseur van Sechaba Trust en Cloete Murray se seun, is noodlottig gewond en op die toneel dood verklaar.
Kol. Dimakatso Sello, ’n polisiewoordvoerder, het die skietvoorval bevestig en gesê ’n saak van moord en van poging tot moord word ondersoek.