Die uitvoerende burgemeester van die Z.F Mcgawu-distriksmunisipaliteit, sy vrou en nog twee mense is Vrydagoggend deur die Valke in Upington op twee aanklagte van bedrog in hegtenis geneem.
Marius Matthew Louw, uitvoerende burgemeester, en Gertrude, sy vrou, het Vrydag in die streekhof in Upington op dié aanklagte verskyn. Louw is ook die adjunk-streekvoorsitter van die ANC in die Z.F. McGawu-distrik.
Kapt. Tebogo Thebe, Valke-woordvoerder, sê Stevie Shadrock Beukes en Bernadette Sophia Isaaks het ook weens die aanklagte in die hof verskyn.