’n Transitorooftog by 'n oprit van die N1-snelweg in Kaapstad het Dinsdagmiddag laat grootskeepse ontwrigting veroorsaak toe verkeer in albei rigtings op die N1 en N7 versper is.
Volgens ooggetuies is ’n geldwa van vermoedelik die G4S-kontantvervoermaatskappy op die oprit van die N7 (noord) na die N1 (in die rigting van die stad) aangeval.