Johan Cassanga, ’n veiligheidswag wat saam met Terence Tegg (56), die oud-Recce, deur ’n groep stakende werknemers buite die Clover-fabriek in Midrand aangeval is, is Dinsdag dood
Sofia Johannes, sy susterskind, sê Cassanga, ’n pa van vier, was baie swak en het Dinsdagoggend oudergewoonte van hoofpyn gekla.
“Ons het hom vanoggend na sy dokter (in die Steve Biko-hospitaal in Pretoria) geneem. Hy is net daar in die spreekkamer dood toe die dokter hom ondersoek het.”