Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het glo sy eie sperdatum misgeloop vir ’n besluit oor die moontlike vervolging van die sogenaamde Cradock-4 se vermeende moordenaars.
Volgens die Fort Calata-stigting sou die beslissing op die laatste teen 2 Desember 2021 bekend gemaak word.
Die Cradock-4, die anti-apartheidsaktiviste Fort Calata, Matthew Goniwe, Sparrow Mkhonto en Sicelo Mhlauli, is op 27 Junie 1985 vermoor. Hulle was die betrokke dag op pad van ’n vergadering in Gqeberha en is glo deur die destydse veiligheidspolisie in ’n lokval gelei en vermoor.