Enigiemand wat ’n vrou verkrag, vernietig haar lewe en spreek ’n lewenslange vonnis oor haar uit omdat die slagoffer vir ewig met die trauma daarvan moet saamleef.
Daarom meen Ramaphosa alle verkragters behoort “lewenslange tronkstraf sonder parool” opgelê te word.
Ramaphosa het Maandagmiddag so by die Lusikisiki Onderwyskollege in die O.R. Tambo-distriksmunisipaliteit in die Oos-Kaap gesê waar hy deelgeneem het aan ’n gesprek oor mans wat vroue en kinders vermoor, ander vorms van gendergeweld, asook mense met albinisme wat vermoor word.