Altesaam 34 dae gelede het Recolin Witbooi (9) in die omgewing van sy ouerhuis in Barcelona in Port Elizabeth vermis geraak.
Dit was Saterdag sy negende verjaardag en die eerste keer dat sy ma, Chriszelda, haar seun se verjaardag sonder hom moes vier.
Recolin en twee maats het op 6 Julie glo by ’n dam in Grootkloof, soos die gemeenskap daarna verwys, vis gaan vang.