’n Bevelvoerder van ’n Oos-Kaapse polisiekantoor het glo gesê dis ’n huiseienaar van Jeffreysbaai se eie skuld dat hy onder diefstal deurgeloop het omdat hy nie sy huis se deure gesluit het nie.
Louis Rautenbach van Wavecrest beweer dit was die polisie se reaksie nadat ’n dief oor sy huis se grensmuur gespring, by die huis ingestap en sowat R80 000 se juweliersware en ander goedere gesteel het. Dit terwyl die huis se traliehekke gesluit was.
Die diefstal het op 25 November gebeur en die saak is gesluit sonder dat enigiemand in hegtenis geneem is.