’n Polisielid wat onlangs in ’n hoë pos aangestel is en in ’n radio-onderhoud gespog het oor haar unieke doktorsgraad, is glo skoonveld nadat sy gevra is om haar kwalifikasies en werkgeskiedenis te verifieer.
“Ek is die eerste persoon op die planeet, nie net die eerste swart vrou nie, wat ’n doktorsgraad in rekenaarinligtingstelsels het,” het “doktor” lt.genl. Sibongiseni Thotsejane, in die onderhoud met MetroFM gesê.
Sy is geen vreemdeling vir die medium van radio nie, want sy is ook bekend as die hiphop-platejoggie DJ Simply Sybz.