Terwyl die houe op sy klein lyfie neergereën het, het Juwayne Domingo (9) se bure gehoor hoe hy eina skree.
Later daardie Saterdagaand is sy lewelose liggaam uit die huis in Jakarandastraat, Pacaltsdorp, gedra waar hy gewoon het.
Juwayne se ma, Chantell Domingo, en Ray Morgan Cronje, met wie sy die afgelope twee maande in ’n verhouding was, is albei op ’n klag van moord gearresteer.