Die man van Ficksburg wat aangekla word van die moord op Evan Sorour (28), ’n boer van die distrik, word byna drie weke ná die skietvoorval steeds in ’n hospitaal in Bethlehem behandel.
AO Christopher Mophiring, polisiewoordvoerder in die Oos-Vrystaat, het bevestig Rudi Gericke (38) is steeds onder polisiebewaking in die hospitaal.
“Hoe lank hy nog in die hospitaal gaan wees, hang van die dokters af.”