Drie mans is in hegtenis geneem nadat twee Duitse toeriste Saterdag by ’n gastehuis in Addo in die Sarah Baartman-distrik in die Oos-Kaap beroof en aangerand is.
Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê ’n taakspan is onmiddellik saamgestel nadat die voorval aangemeld is.
Volgens Naidu het die Duitse egpaar geslaap toe die vier gewapende rowers Saterdag omstreeks 00:45 hul kamer in die gastehuis binnegekom het.