Die EFF sê die kaping van Vuyani Pambo, die hoof van dié party se presidensie, wys net weer dat niemand in die land immuun is teen misdaad nie.
Pambo is volgens ’n verklaring van die EFF Maandagaand buite die huis van sy ma in ’n “stil en beskeie” woonbuurt in Johannesburg deur drie “goedgeboude, gemaskerde” en gewapende mans genader.
Hulle het op geld aangedring waarna hulle Pambo se motor gevat en daarmee rondgery het. Hulle het van sy persoonlike besittings – wat sy paspoort, identiteitsdokument en dokumente van die party insluit – gesteel waarna hulle die motor agtergelaat het.