Die eienaar van ’n kuierplek naby Mbombela het Saterdagaand ’n rower doodgeskiet.
Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê drie gewapende mans het ’n kuierplek in Kabokweni omstreeks middernag binnegegaan.
“Hulle het die klante met vuurwapens aangehou en beveel om op die vloer te lê. Daarna het hulle die mense van selfone en kontant beroof. Die eienaar van die kuierplek het een van die rowers doodgeskiet. Die ander twee het gevlug.”