Die lyk van ’n vrou is in ’n sak in Eldoradopark, Johannesburg, gekry.
Volgens kapt. Kay Makhubele, Gautengse polisiewoordvoerder, het die Eldoradopark-polisiekantoor Sondag omstreeks 13:00 inligting oor ’n ontbinde lyk in ’n sak langs die Golden Highway ontvang.
“Polisielede het ’n groot rooi sak op die toneel gekry met die lyk van ’n onbekende swart vrou daarin.”