Die vasgebinde lyk van ’n bekende oudrugbyman en boer van Lions River net buite Howick in die KwaZulu-Natalse Middelland is Maandagoggend deur sy huiswerker in sy tuin aangetref.
Hedley James Brown (70) was bekend en geliefd in die Amanzimtoti-rugbyklub. Brown se vrou, Judy, is vier maande gelede oorlede nadat sy die koronavirus opgedoen het. Sy het ook kanker gehad.
Brown is Vrydagaand op sy plaas op Lions River aangeval en is Maandagoggend met kopbeserings en twee steekwonde in sy tuin aangetref.