Bheki Cele, minister van polisie, het Suid-Afrikaners gewaarsku om die aandklokreël te gehoorsaam, anders gaan hy aan hulle gratis verblyf verskaf.
“Dit gaan ’n langnaweek wees. As ons jou Vrydagaand in hegtenis neem, gaan ons jou eers Woensdag sien.”
Cele het Umlazi in KwaZulu-Natal Donderdag besoek as deel van die polisie se inspeksietoer-veldtog Veiliger Feestyd. Dit was sy laaste bestemming nadat hy Woensdag besoek afgelê het in Upington in die Noord-Kaap.