In net drie maande van Julie tot September vanjaar is 1 597 mense in Gauteng vermoor en 2 263 verkragtings en 2 945 motorkapings aangemeld.
Daarbenewens is 2 104 mense in dié tydperk ontvoer.
Dit is volgens inligting wat lt.genl. Elias Malewa, Gautengse polisiekommissaris, Woensdag aan die wetgewer se portefeuljekomitee oor gemeenskapsveiligheid voorgelê het.