Die buurtwag in Goodwood, Kaapstad, en ’n plaaslike veiligheidsmaatskappy het gehelp om vermeende kabeldiewe vas te trek.
Intussen het die polisie Vrydag bevestig dat vier mense in hegtenis geneem is in verband met klagte van kwaadwillige saakbeskadiging en peutering met infrastruktuur.
Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, het by navraag gesê veiligheidswagte van die Passasierspooragentskap (Prasa) het die vermeende kabeldiewe Donderdag opgemerk, en toe hulle voorgekeer is, is kabels in hul besit gevind.