Van April tot Junie vanjaar is 1 909 ontvoerings in Gauteng aangemeld – 1 100 meer as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.
In dié kwartaal vanjaar is 7 835 gevalle van aanranding by die polisie aangemeld en 1 490 moorde, luidens die misdaadstatistieke vir dié tydperk wat Vrydag uitgereik is.
Die voorkoms van ontvoerings styg astronomies. Die meeste ontvoerings het in Vosloorus (Boksburg) en Kempton Park plaasgevind.