Altesaam drie verdagtes is teen Sondag in hegtenis geneem vir die moord op Hillary Gardee (28).
Volgens lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, polisiekommissaris in Mpumalanga, kan nog verdagtes moontlik in hegtenis geneem word.
Twee van die verdagtes is in die afgelope 24 uur in hegtenis geneem en ’n 39-jarige man is Vrydagaand in hegtenis geneem.