Groot kommer heers in Johannesburg oor die “toename in die diefstal en vandalisme” van verkeersligte regoor die hele stad, asook die uitwerking daarvan op die ekonomie.
Die Johannesburgse Padagentskap (JRA) sê in ’n verklaring hy is bekommerd dat daar oor die afgelope vier jaar 531 (meer as 25%) van Johannesburg se 2 028 verkeerskruisings gevandaliseer is, en dat beurtkrag die probleem vererger.
Die JRA pak die skuld op “misdadigers wat hoekslypers gebruik het om die verkeerseinpale af te kap”. Die JRA sê die vervangingskoste was R28,1 miljoen.