Braam Haarhoff (52), die jongste seun van die berugte Joey Haarhoff, is Woensdag deur ’n Nieu-Seelandse hof tot 13 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan seksuele misdrywe met ’n 12-jarige meisie.
Sy suster, Amor van der Westhuyzen, het dit bevestig.
Sy is vroeg Woensdagoggend deur die Nieu-Seelandse owerhede hiervan in kennis gestel.