Die aanranding van Wayne van Zyl (23) die naweek buite ’n kuierplek in Klerksdorp was so erg dat ’n aar in sy nek beseer is en hy as gevolg daarvan bloeding op die brein gekry het.
In die lykskouing is vasgestel dat dié besering ook sy dood veroorsaak het, het kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder in Noordwes, Dinsdag gesê.
Van Zyl se familie het ’n private patoloog gekry om die lykskouing te doen.