Kaapstad, Johannesburg en Pretoria is van die gevaarlikste stede ter wêreld, het ’n onlangse internasionale studie deur Cities@Risk gewys.
Die jongste Cities@Risk-sekuriteitsindeks is deur die Verisk Maplecroft-risikomaatskappy behartig en het die drie grootste stede in Suid-Afrika onder die gevaarlikste stede in die wêreld aangewys.
Die indeks het 579 stede met ’n bevolking van meer as ’n miljoen mense in volgorde geplaas wat hul blootstelling aan ’n reeks van risiko’s, misdaad en bedreigings betref.