Nadat die Desmond Tutu-saal in Khayelitsha Saterdag op Mandeladag deur grondgrypers erg verniel is, het plaaslike kinders speelgoed uit die puin gaan red en dit buite teen die muur van die saal neergesit.
“Meneer, kan ons dit huis toe vat?” het die kinders vir Zahid Badroodien, lid van die burgemeesterskomitee vir gemeenskapsdienste en gesondheid, gevra.
“Dit het my hart gebreek,” sê hy.