Die lyk van ’n kleuter wat vroeër vandeesmaand as vermis aangemeld is, is ontdek by ’n motorwerktuigkundige se werkswinkel in die informele nedersetting Msholozi naby Assen, Noordwes.
Khothatso Paul Rampa (3) se lyk is Vrydag gevind, twee weke nadat hy vermis geraak het, sê Maria Nkabinde, ’n polisiewoordvoerder.
“Die lyk was nog ongeskonde toe hy gevind is. Volgens die inligting wat ontvang is, het die eienaar van die werkswinkel die polisie ingelig nadat hy op die kind se liggaam afgekom het,” sê Nkabinde.