Die likwidateur van die omstrede African Global Holdings (voorheen Bosasa) is gistermiddag helder oordag in ’n sluipmoordaanval geskiet.
Cloete Murray (50) het laat Saterdagaand om sy lewe geveg in Sunninghill-hospitaal in Johannesburg.
Kobus van Niekerk, ’n prokureur wat saam met Murray werk, het Sondagoggend aan Netwerk24 bevestig Murray is net ná 05:00 dood.